Kom ons gesels gou oor ouderdomme...

Kom ons gesels gou oor ouderdomme...

Ons het nie besef ouderdomme kan só kontroversieel wees nie... Kom ons gesels gou!

Ons inbox loop behoorlik oor met boodskappe soos:

"Hoekom stop die vroue by 45?"
"Ek is 53... beteken dit ek mag nie deelneem nie?"
"En wat van ons 60's?"
"Ek is 18... diskrimineer julle teen my?"

Eerstens... natuurlik mag julle ook liefde vind! 💛

Maar Tafel vir Twee moet êrens begin.

As ons almal tussen 30 en 70 by dieselfde spoedontmoeting sit, gaan dit nogal interessant raak... 🤭

👩 "Ek is 38..."
👨 "Ek is 67..."
😅 Dit werk ongelukkig nie vir almal nie.

Die ouderdomsgroepe is nie daar om iemand uit te sluit nie. Ons probeer bloot mense bymekaar bring wat waarskynlik in dieselfde lewensfase is en gemaklik met mekaar sal kan gesels.

En onthou... Tafel vir Twee is baie meer as net spoedontmoetings.

Ons droom is om ook stapgroepe, sosiale kuiers, etes, uitstappies en nog baie ander geleenthede aan te bied. Soos ons gemeenskap groei, gaan ons ook geleenthede vir verskillende ouderdomsgroepe uitbrei.

Gee ons net 'n klein bietjie tyd. 😊

En as jy nie vandag binne hierdie spesifieke ouderdomsgroep val nie, moet asseblief nie weggaan nie. Bly deel van die gemeenskap. Die kans is baie goed dat jou beurt ook gaan kom. 💛

Wat ons wel kan noem is dat ons Spoedontmoeting groepe net tot by ouderdom 59 gaan. Ons weet uit ondervinding dat ons die 60+ Speed Dating al sonder sukses probeer het... Meer as een keer. 

Ons verstaan dat nie almal met elke besluit gaan saamstem nie, en dit is heeltemal "okay".

Maar ons gaan nie verder aanvallende of ongeskikte kommentaar duld nie. Sulke kommentaar sal verwyder word en, indien nodig, sal die betrokke Facebook profiele geblok word.

Ons doel is om 'n positiewe, veilige en gesellige gemeenskap te bou waar mense nuwe vriende kan maak, nuwe ervarings kan geniet en dalk selfs liefde kan vind. 💛 Dáárop kies ons om ons energie te fokus.