{"title":"Spoedontmoetings","description":null,"products":[{"product_id":"spoedontmoeting-vir-afrikaanssprekende-christene-6-oktober-montana-pretoria","title":"Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 6 Oktober, Montana Pretoria","description":"\u003cp\u003eAs jy al moeg is vir \u003cem\u003edating apps\u003c\/em\u003e, ongemaklike \u003cem\u003eblind dates\u003c\/em\u003e of om te wonder waar mens deesdae nog iemand \"in die regte lewe\" ontmoet... dan is hierdie aand dalk net wat jy nodig het.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns Spoedontmoeting-aande is ontwerp om dit maklik en ontspanne te maak om nuwe mense te ontmoet wat, nes jy, 'n Afrikaanssprekende Christen is.\u003c\/p\u003e\n\u003ch4\u003eHoe werk dit?\u003c\/h4\u003e\n\u003cp\u003eDis eenvoudig.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eJy sit by 'n tafel en kry 5 minute om met die persoon voor jou te gesels. Ná elke geselsie skuif die mans aan na die volgende tafel en begin die volgende gesprek.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eTeen die einde van die aand sal jy tussen \u003cstrong\u003e8 en 12\u003c\/strong\u003e mense ontmoet het (afhangend van hoeveel mense bespreek).\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAs iemand jou belangstelling prikkel, merk jy dit privaat aan. As daardie persoon jou ook kies, stuur ons ná die geleentheid julle kontakbesonderhede vir mekaar.\u003c\/p\u003e\n\u003ch4\u003eWaar en wanneer is dit?\u003c\/h4\u003e\n\u003cp\u003e6 Oktober, 18:30 - 21:30.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDie geleentheid vind plaas by ñ gewilde \"coffee shop' in \u003cstrong\u003eMontana, Pretoria, naby die tolhek.\u003c\/strong\u003e\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns gee die presiese venue eers aan bevestigde deelnemers deur. Dis bloot om almal se privaatheid te beskerm.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns bespreek ook die \u003cstrong\u003ehele venue eksklusief\u003c\/strong\u003e, so daar is geen nuuskierige belangstellendes wat kan inloer of luister nie. \u003c\/p\u003e\n\u003ch4\u003eWie kan deelneem?\u003c\/h4\u003e\n\u003cp\u003e👨 \u003cstrong\u003eMans: \u003c\/strong\u003e30 –50 jaar\u003cbr\u003e👩 \u003cstrong\u003eVroue:\u003c\/strong\u003e 30 –50 jaar\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eDaar gaan twee verskillende ouderdomsgroepe wees, so jy gaan nie al die ouderdomme ontmoet nie - jy gaan net die mense in jou groep ontmoet. \u003c\/p\u003e\n\u003ch4\u003eWat is ingesluit?\u003c\/h4\u003e\n\u003cp\u003e✔️ Ontmoet tussen 8 en 12 mense van die teenoorgestelde geslag\u003cbr\u003e✔️ Lekker vingerhappies\u003cbr\u003e✔️ 'n Veilige, ontspanne en vriendelike atmosfeer\u003cbr\u003e✔️ 'n Privaat venue wat net vir ons bespreek is\u003cbr\u003e✔️ Die kans om iemand nuut te ontmoet... dalk iemand besonders.\u003c\/p\u003e\n\u003ch4\u003eBelangrik om te weet\u003c\/h4\u003e\n\u003cp\u003eOns hou die getalle tussen mans en vroue so gebalanseerd as moontlik. Daarom is plekke beperk en kan registrasies vir een groep vroeër sluit as die ander.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAs jy wil bywoon, bespreek asb so gou moontlik!\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns kan natuurlik nie belowe jy gaan jou lewensmaat ontmoet nie... maar ons kan belowe jy gaan nie die hele aand op jou selfoon sit en swipe nie. 😉\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003e\u003cstrong\u003e6 Oktober, 18:30 \u003c\/strong\u003e- \u003cstrong\u003e21:30\u003c\/strong\u003e.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eSien jou daar!!\u003c\/p\u003e\n\u003ch3 class=\"PDq2pG_selectionAnchorContainer\"\u003e\n\u003cspan role=\"text\"\u003e\u003cstrong\u003eBelangrike kennisgewing\u003c\/strong\u003e\u003c\/span\u003e\u003cspan class=\"PDq2pG_selectionAnchor\"\u003e\u003c\/span\u003e\n\u003c\/h3\u003e\n\u003cp class=\"PDq2pG_selectionAnchorContainer\"\u003e\u003cstrong\u003eKies asseblief die korrekte kaartjie.\u003c\/strong\u003e Indien jy 'n man is, bespreek asseblief die \u003cstrong\u003emanskaartjie\u003c\/strong\u003e. Indien jy 'n dame is, bespreek asseblief die \u003cstrong\u003edameskaartjie\u003c\/strong\u003e. \u003cspan class=\"PDq2pG_selectionAnchor\"\u003e\u003c\/span\u003eDit help ons om die getalle tussen mans en dames korrek te hou en verseker ook dat iemand anders nie dalk onnodig 'n plek misloop nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eMaak asseblief baie seker dat jy vir die \u003cstrong\u003ekorrekte ouderdomsgroep\u003c\/strong\u003e bespreek. Ons kan ongelukkig nie terugbetalings doen indien 'n bespreking vir die verkeerde ouderdomsgroep gemaak is nie. Indien jy betyds met ons kontak maak, sal ons ons bes doen om jou na die korrekte funksie te skuif, \u003cstrong\u003eindien daar nog plek beskikbaar is\u003c\/strong\u003e, maar ons kan dit ongelukkig nie waarborg nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eAlle besprekings is finaal. Indien jy om enige rede nie meer die geleentheid kan bywoon nie, kan ons ongelukkig nie 'n terugbetaling doen nie of jou na 'n ander funksie skuif nie.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIndien \u003cstrong\u003eTafel vir Twee\u003c\/strong\u003e die geleentheid weens onvoorsiene omstandighede moet kanselleer, sal jy 'n \u003cstrong\u003evolle terugbetaling\u003c\/strong\u003e ontvang.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eIndien ons die datum moet verskuif, sal ons jou die \u003cstrong\u003evolgende 2 beskikbare datums\u003c\/strong\u003e aanbied. Indien jy nie een van daardie datums kan bywoon nie, sal ons jou bespreking terugbetaal.\u003c\/p\u003e\n\u003cp\u003eOns is trots daarop dat ons \u003cstrong\u003enog nooit 'n geleentheid moes kanselleer nie\u003c\/strong\u003e, maar ons glo daaraan om voorsiening te maak vir onvoorsiene omstandighede.\u003c\/p\u003e","brand":"My Store","offers":[{"title":"👨 Mans: 40-50","offer_id":51654548816150,"sku":null,"price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true},{"title":"👩Dames: 40-50","offer_id":51654548848918,"sku":null,"price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true},{"title":"👨 Mans: 30-40","offer_id":51886997438742,"sku":null,"price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true},{"title":"👩Dames: 30-40","offer_id":51886997471510,"sku":null,"price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/1002\/9645\/8518\/files\/ChatGPTImageSep16_2026_09_49_28AM.png?v=1789545415"}],"url":"https:\/\/www.tafelvirtwee.co.za\/collections\/spoedontmoetings.oembed","provider":"Tafel vir Twee","version":"1.0","type":"link"}