Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 3 November, Montana Pretoria

Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 3 November, Montana Pretoria

👨 Mans: 40-50
Sale price  R 399.00 Regular price R 540.00
Skip to product information
Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 3 November, Montana Pretoria

Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 3 November, Montana Pretoria

Sale price  R 399.00 Regular price R 540.00
KLIEK OP jou geslag en ouderdomsgroep:

Belangrik: Maak seker van ons terme en voorwaardes aan die einde van die bladsy, voor jy bespreek, selfs al het jy al voorheen 'n funksie bygewoon.

As jy al moeg is vir dating apps, ongemaklike blind dates of om te wonder waar mens deesdae nog iemand "in die regte lewe" ontmoet... dan is hierdie aand dalk net wat jy nodig het.

Ons Spoedontmoeting-aande is ontwerp om dit maklik en ontspanne te maak om nuwe mense te ontmoet wat, nes jy, 'n Afrikaanssprekende Christen is.

Hoe werk dit?

Dis eenvoudig.

Jy sit by 'n tafel en kry 5 minute om met die persoon voor jou te gesels. Ná elke geselsie skuif die mans aan na die volgende tafel en begin die volgende gesprek.

Teen die einde van die aand sal jy tussen 8 en 12 mense ontmoet het (afhangend van hoeveel mense bespreek).

As iemand jou belangstelling prikkel, merk jy dit privaat aan. As daardie persoon jou ook kies, stuur ons ná die geleentheid julle kontakbesonderhede vir mekaar.

Waar en wanneer is dit?

3 November, 18:30 - 21:30.

Die geleentheid vind plaas by ñ gewilde "coffee shop' in Montana, Pretoria, naby die tolhek.

Ons gee die presiese venue eers aan bevestigde deelnemers deur. Dis bloot om almal se privaatheid te beskerm.

Ons bespreek ook die hele venue eksklusief, so daar is geen nuuskierige belangstellendes wat kan inloer of luister nie.

Wie kan deelneem?

👨 Mans: 40–50 jaar
👩 Vroue: 40–50 jaar

Belangrik: Slegs een kaartjie per persoon, asseblief. Indien jy ook vir 'n vriend of vriendin wil bespreek, doen asseblief 'n aparte bestelling met hulle e-pos adres en besonderhede.

Wat is ingesluit?

✔️ Ontmoet tussen 8 en 12 mense van die teenoorgestelde geslag
✔️ Lekker vingerhappies
✔️ 'n Veilige, ontspanne en vriendelike atmosfeer
✔️ 'n Privaat venue wat net vir ons bespreek is
✔️ Die kans om iemand nuut te ontmoet... dalk iemand besonders.

Belangrik om te weet

Ons hou die getalle tussen mans en vroue so gebalanseerd as moontlik. Daarom is plekke beperk en kan registrasies vir een groep vroeër sluit as die ander.

As jy wil bywoon, bespreek asb so gou moontlik!

Ons kan natuurlik nie belowe jy gaan jou lewensmaat ontmoet nie... maar ons kan belowe jy gaan nie die hele aand op jou selfoon sit en swipe nie. 😉

3 November, 18:30 - 21:30.

Sien jou daar!!

Belangrike kennisgewing

Kies asseblief die korrekte kaartjie. Indien jy 'n man is, bespreek asseblief die manskaartjie. Indien jy 'n dame is, bespreek asseblief die dameskaartjie. Dit help ons om die getalle tussen mans en dames korrek te hou en verseker ook dat iemand anders nie dalk onnodig 'n plek misloop nie.

Maak asseblief baie seker dat jy vir die korrekte ouderdomsgroep bespreek. Ons kan ongelukkig nie terugbetalings doen indien 'n bespreking vir die verkeerde ouderdomsgroep gemaak is nie, en kan jou ook nie oorskuif na 'n ander funksie nie.

Jou bespreking is nie oordraagbaar na 'n ander persoon of 'n ander datum nie.

Alle besprekings is finaal. Indien jy om enige rede nie meer die geleentheid kan bywoon nie, kan ons ongelukkig nie 'n terugbetaling doen nie of jou na 'n ander funksie skuif nie.

Om almal 'n regverdige kans te gee, kan jy ongelukkig nie vir twee opeenvolgende funksies in jou ouderdomsgroep bespreek nie. Indien jy voortgaan met die bespreking sal dit outomaties gekanselleer word en jou geld sal aan jou terugbetaal word, minus 'n admin fooi van R75. Indien jy onseker is, kontak ons eerder voor jy bespreek.

Indien Tafel vir Twee die geleentheid weens onvoorsiene omstandighede moet kanselleer, sal jy 'n volle terugbetaling ontvang.

Indien ons die datum moet verskuif, sal ons jou die volgende 2 beskikbare datums aanbied. Indien jy nie een van daardie datums kan bywoon nie, sal ons jou bespreking terugbetaal.

Ons is trots daarop dat ons nog nooit 'n geleentheid moes kanselleer nie, maar ons glo daaraan om voorsiening te maak vir onvoorsiene omstandighede.

You may also like