Spoedontmoeting vir Afrikaanssprekende Christene: 6 Oktober, Montana Pretoria
As jy al moeg is vir dating apps, ongemaklike blind dates of om te wonder waar mens deesdae nog iemand "in die regte lewe" ontmoet... dan is hierdie aand dalk net wat jy nodig het.
Ons Spoedontmoeting-aande is ontwerp om dit maklik en ontspanne te maak om nuwe mense te ontmoet wat, nes jy, 'n Afrikaanssprekende Christen is.
Hoe werk dit?
Dis eenvoudig.
Jy sit by 'n tafel en kry 5 minute om met die persoon voor jou te gesels. Ná elke geselsie skuif die mans aan na die volgende tafel en begin die volgende gesprek.
Teen die einde van die aand sal jy tussen 8 en 12 mense ontmoet het (afhangend van hoeveel mense bespreek).
As iemand jou belangstelling prikkel, merk jy dit privaat aan. As daardie persoon jou ook kies, stuur ons ná die geleentheid julle kontakbesonderhede vir mekaar.
Waar en wanneer is dit?
6 Oktober, 18:30 - 21:30.
Die geleentheid vind plaas by ñ gewilde "coffee shop' in Montana, Pretoria, naby die tolhek.
Ons gee die presiese venue eers aan bevestigde deelnemers deur. Dis bloot om almal se privaatheid te beskerm.
Ons bespreek ook die hele venue eksklusief, so daar is geen nuuskierige belangstellendes wat kan inloer of luister nie.
Wie kan deelneem?
👨 Mans: 30 –50 jaar
👩 Vroue: 30 –50 jaar
Daar gaan twee verskillende ouderdomsgroepe wees, so jy gaan nie al die ouderdomme ontmoet nie - jy gaan net die mense in jou groep ontmoet.
Wat is ingesluit?
✔️ Ontmoet tussen 8 en 12 mense van die teenoorgestelde geslag
✔️ Lekker vingerhappies
✔️ 'n Veilige, ontspanne en vriendelike atmosfeer
✔️ 'n Privaat venue wat net vir ons bespreek is
✔️ Die kans om iemand nuut te ontmoet... dalk iemand besonders.
Belangrik om te weet
Ons hou die getalle tussen mans en vroue so gebalanseerd as moontlik. Daarom is plekke beperk en kan registrasies vir een groep vroeër sluit as die ander.
As jy wil bywoon, bespreek asb so gou moontlik!
Ons kan natuurlik nie belowe jy gaan jou lewensmaat ontmoet nie... maar ons kan belowe jy gaan nie die hele aand op jou selfoon sit en swipe nie. 😉
6 Oktober, 18:30 - 21:30.
Sien jou daar!!
Belangrike kennisgewing
Kies asseblief die korrekte kaartjie. Indien jy 'n man is, bespreek asseblief die manskaartjie. Indien jy 'n dame is, bespreek asseblief die dameskaartjie. Dit help ons om die getalle tussen mans en dames korrek te hou en verseker ook dat iemand anders nie dalk onnodig 'n plek misloop nie.
Maak asseblief baie seker dat jy vir die korrekte ouderdomsgroep bespreek. Ons kan ongelukkig nie terugbetalings doen indien 'n bespreking vir die verkeerde ouderdomsgroep gemaak is nie. Indien jy betyds met ons kontak maak, sal ons ons bes doen om jou na die korrekte funksie te skuif, indien daar nog plek beskikbaar is, maar ons kan dit ongelukkig nie waarborg nie.
Alle besprekings is finaal. Indien jy om enige rede nie meer die geleentheid kan bywoon nie, kan ons ongelukkig nie 'n terugbetaling doen nie of jou na 'n ander funksie skuif nie.
Indien Tafel vir Twee die geleentheid weens onvoorsiene omstandighede moet kanselleer, sal jy 'n volle terugbetaling ontvang.
Indien ons die datum moet verskuif, sal ons jou die volgende 2 beskikbare datums aanbied. Indien jy nie een van daardie datums kan bywoon nie, sal ons jou bespreking terugbetaal.
Ons is trots daarop dat ons nog nooit 'n geleentheid moes kanselleer nie, maar ons glo daaraan om voorsiening te maak vir onvoorsiene omstandighede.